Krieketspelers bewus van KSA se finansiële uitdagings

Die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se krieketspelersvereniging, Andrew Breetzke, sê spelers is bewus van stappe wat Krieket Suid-Afrika moet doen om die spel se finansiële welstand te verseker. Dit kom wel ten koste van ‘n hoog aangeskrewe internasionale eendagreeks. KSA se hoof, Pholetsi Moseki, sê die besluit om volgende jaar se eendagreeks teen Australië af te stel, is deur finansies genoodsaak. Breetzke sê daar moet nog ‘n inkomstebron buiten die Internasionale Krieketraad se gelde, borgskappe en uitsaaigelde gevind word, anders gaan die sport nie in Suid-Afrika oorleef nie.