Krieket: Steve Smith is aanvangskolwer in T20 teen SA
Krieket: Die veteraan, Steve Smith, sal Australië se aanvangskolwer wees in die T20-reeks in Suid-Afrika, wat op 30 Augustus in Durban begin. Dit volg nadat hy onlangs vir die Sydney Sixers in die Big Bash-liga geopen het. Die Proteas en die Aussies sal mekaar in drie T20’s en vyf eendagwedstryde pak, met Mitchell Marsh wat as Australië se nuwe T20-kaptein aangewys is. Die voorsitter van die keurders, George Bailey, sê dit is belangrik om ‘n sterk leierskapsgroep te hê.