Krieket: Samesprekings oor Faf se terugkeer duur voort

Krieket: Die voormalige kaptein van die Proteas, Faf du Plessis, kan steeds sy terugkeer na die nasionale span maak onder leiding van die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die 38-jarige kolwer het puik vertoon vir die Joburg Super Kings in die SA20, maar is nie by enige van die witbalgroepe vir die reekse teen die Windies ingesluit nie. Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Enoch Nkwe, sê samesprekings oor Du Plessis se moontlike terugkeer na die nasionale span duur voort.