Krieket: SA vroue speel vanaand teen NS
Krieket: Die Suid-Afrikaanse vrouespan speel vanaand hul tweede wedstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi, wanneer hulle Nieu-Seeland op Bolandpark in die Paarl verwelkom. Albei spanne is op soek na hul eerste oorwinning nadat Suid-Afrika in die openingswedstryd met drie lopies teen Sri Lanka verloor het, terwyl Nieu-Seeland teen Australië vasgeval het. Die Proteas se onderkaptein, Chloe Tryon, sê dit is ‘n baie belangrike wedstryd.