Krieket: Richielieu Eagles klop weer vir Uganda
Krieket: Die Richelieu Eagles het vandag die tweede T20-wedstryd van die Castle Lite-reeks teen die Cranes van Uganda by United in Windhoek met 73 lopies gewen. Die Cranes het gekies om eerste veldwerk te doen. Die Eagles het 196 lopies vir die verlies van vier paaltjies aangeteken, waarna die Cranes net 123 lopies kon behaal. Namibiese kaptein Gerhard Erasmus is as die speler van die wedstryd aangewys. Die spanne sal nog twee T20-wedstryde die naweek by United speel. Twee eendag-kragmetings volg op 11 en 13 Julie wat om halftien die oggend begin.