Krieket Namibië herverkies raadslede

Krieket Namibië het die herverkiesing van sy huidige raadslede vir nog ‘n termyn van twee jaar aangekondig. Die huidige raad is vir die eerste keer in Julie 2020 verkies, en hul nuwe termyn begin in Augustus 2022 en sal tot einde Julie 2024 duur. Die raadslede is dr. Rudie van Vuuren as president, Polly Negongo as adjunk-president, Daneel van der Walt, Henno Prinsloo, Helga Volschenk, Trevor Britten, en Francois Erasmus as beskermheer. Die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren gesels met Kosmos 94.1 Nuus.