Krieket: Engelse span bly onveranderd in As-reeks

Krieket: Die Engelse keurders het hulle vertroue in hulle spelers bewys deur ʼn onveranderde groep aan te kondig vir die voorlaaste toets om die As teen Australië in Manchester. Dieselfde groep wat die reeks van vyf wedstryde aan die lewe gehou het deur die derde toets op Headingley in Leeds te wen, speel weer vanaf volgende Woensdag op Old Trafford. Die medium-snelbouler Ollie Robinson het rugspasmas op Headingley gekry en kan deur James Anderson vervang word in die finale elftal. Die laaste toets begin die 27ste op die Oval in Londen.