Krieket: Engeland moet Sri Lanka klop

Krieket: Engeland sal hul plek in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië bespreek as hulle Sri Lanka klop in vanoggend se laaste Groep 1-kragmeting in Sydney. Nieu-Seeland het reeds vir die uitspeelronde gekwalifiseer, terwyl die Kiwis hulle hoop op Sri Lanka vestig om Engeland uit te skakel. Die laaste drie wedstryde in Groep 2 word almal môre beslis. Die Proteas speel teen Nederland, Bangladesj teen Pakistan en Indië teen Zimbabwe. Suid-Afrika, Indië, Pakistan en Bangladesj het almal nog ‘n kans om die halfeindronde te haal.