Krieket: Dubbele slag vir Nortjé

Krieket: Die snelbouler van die Proteas, Anrich Nortjé, het op ʼn reën-verkorte eerste dag van die derde en laaste toets teen Australië in Sydney, albei paaltjies ingepalm. Die tuisspan het verkies om eerste te kolf voor Nortjé vir David Warner vir tien uitgehaal het en baie laat in die dag het hy ook van Marnus Labuschagne ontslae geraak vir 79. Swak lig en reën het die dag vroeg laat eindig met Australië op 147 vir twee met Usman Khawaya onoorwonne op 54. Nortjé glo die draaiers gaan ʼn groot rol speel in die wedstryd.