Krieket: Anrich Nortjé beseer

Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is vrygestel van die groep vir die tweede toets teen die Windies wat Woensdag op die Wanderers in Johannesburg begin. Die 29-jarige het gedurende die eerste toets ligte ongerief met sy lies ondervind en word as voorsorgmaatreël ʼn blaaskans gegun. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gewen, met die kolwer Toni de Zorzi wat sy debuut gemaak het. Ten spyte van die oorwinning glo De Zorzi daar is ruimte vir verbetering.