Kremlin: Kinders uit Oekraïne geneem om hulle te beskerm

Die Kremlin sê die internasionale lasbrief wat vir President Vladimir Putin uitgereik is, is ‘n duidelik bewys van die vyandigheid wat teen Rusland en Putin persoonlik bestaan. Die woordvoerder van die Kremlin, Dmitry Peskov sê Rusland neem kennis van die vyandigheid, maar reageer kalm en gaan voort met sy bedrywighede. Rusland is nie ‘n ondertekenaar van die Statuut van Rome wat die grondslag vir die Internasionale Strafhof is nie, derhalwe het die lasbrief nie regskrag in Rusland nie. Die lasbrief kan wel Putin se reise na 123 lande beperk wat wel die jurisdiksie van die hof erken. Rusland het nie ontken dat hy duisende kinders uit Oekraïne geneem het nie en sê dit was om hulle te beskerm