Krees sluit vanaand aan by OYO

Die OYO-dansgroep is vanaand om sewe-uur te sien by Franco Namibiese Kultuursentrum in Windhoek met ‘n gratis vertoning saam met ‘n bekende Franse danser, Krees. Die dansgroep is daarop gefokus om deur dans bewusmaking te kweek oor kwessies wat die gemeenskap in die gesig staar. Sydney Farao, een van die dansers gesels met Kosmos 94.1 Nuus.