Kredietverlening aan private sektor styg met 3,8% in April

Krediet wat aan die private sektor verleen is, het in April jaar-tot-jaar met 3,8 persent toegeneem, die vinnigste koers sedert die 6,1 persent van Maart 2020 voor die Covid-pandemie. Totale eise op besighede en individue het tot 108,8 miljard Namibiese dollar gestyg. As nie-inwoners egter ingesluit word, word groei van 10,5 persent op ‘n jaargrondslag gerapporteer, danksy groot oorgrens interbank-transaksies, terwyl dit onveranderd gebly het op ‘n maand-grondslag. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.