Kreatiewe industrie kan jeug goed bystaan

Reaksie word ontvang op die mening van die bekende Namibiese ekonoom en analis, John Steytler wat sê dat sport en die kreatiewe industrie van die gebiede is wat geleenthede vir die jeug kan skep. Steytler beskryf dit as demografiese dividende wat hy meen deur jongmense ‘ge-oes’ moet word. Dit is die verantwoordelikheid van die vasteland se volwassenes om daardie spreekwoordelike oes in die grond te sit. Die plaaslike kreatiewe regisseur en filmvervaardiger, Obed Emvula, verduidelik hoekom dit belangrik is dat hierdie bedrywe ontwikkel word tot voordeel van die jeug.