Krake in meer as 600 huise in Himalaya-dorpie

Indiese owerhede het byna 200 mense uit hul huise in die dorp Joshimath in die Himalaya-berge verskuif nadat honderde geboue in die gebied wat gewild is onder pelgrims en toeriste krake ontwikkel het weens grondverskuiwings. Kenners waarsku al jare lank dat grootskaalse konstruksiewerk, insluitend hidro-kragprojekte, in en om Joshimath kan lei tot grondversakking – die sink of afsakking van die grondoppervlak. In die afgelope weke is krake in meer as 600 huise in die dorp aangemeld. Dit het plaaslike owerhede gedwing om ongeveer 193 inwoners na veiliger plekke te verskuif, insluitend hotelle en gastehuise.