Kragopwekking met tweede turbine begin in mega-dam in Blou Nyl

Die eerste minister van Ethiopië, Abiy Ahmed, sê kragopwekking het begin deur middel van ‘n tweede turbine in die omstrede mega-dam in die Blou Nyl. Die twee turbines maak deel uit van altesaam 13 turbines in die dam en wek 750-megawatt elektrisiteit op. Ahmed het ook bevestig dat die Groot Ethiopiese Renaissance-dam van multi-miljard Amerikaanse dollar die derde keer volgemaak word, ondanks Egipte en Soedan se beswaar. Die twee lande sê om die dam die derde keer vol te maak veroorsaak vir hulle watertekorte.