Kragkrisis: Maak dit makliker vir onafhanklikes om netwerk te betree

Die DA in die buurland sê enige energie-noodtoestand moet die elektrisiteitswaardeketting omsluit, wat opwekking, verspreiding en transmissie insluit. President Cyril Ramaphosa gaan na verwagting ‘n energie-noodtoestand afkondig. ‘n DA-woordvoerder, Ghaleb Cachalia, sê die regering moet dit maklik maak vir onafhanklike kragverskaffers om so gou as moontlik nuwe krag by die netwerk te voeg: