Kragkrisis kan mag van ANC wegneem – ontleder

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Asanda Ngoasheng sê sy glo die beurtkrag-krisis is die naweek bo-aan die sakelys van die ANC nasionale uitvoerende komitee se lekgotla. Die DA het dié week opgeruk na Luthuli-huis om sy ontevredenheid te toon met wat hy ‘n ANC-veroorsaakte elektrisiteitskrisis noem. Verskeie ander groeperings het gevra vir ‘n nasionale afsluiting in die land. Ngoasheng sê beurtkrag het die potensiaal om uiteindelik die mag van die regerende party af weg te neem: