Kovsies stig biochemiese navorsingsplatform

Die Universiteit van die Vrystaat sê die stigting van ‘n biochemiese navorsingsplatform op die Bloemfonteinse kampus sal studente blootstel aan toerusting en vennote van wêreldgehalte. Dit sal ook geleenthede skep vir groter biochemiese navorsing. Die sentrum word op die oomblik deur die departement van wetenskap en innovering ingerig. Die universiteit se direkteur van minerale biochemie, Mariana Erasmus, sê bestaande vennote verskaf reeds navorsing en dienste aan die myn- en landboubedrywe.