Kovsies kry befondsing vir bergnavorsing

Geld is aan die Afromante-navorsingseenheid van die Qwaqwa-kampus in die Vrystaat bewillig. Project Range X sal die fondse vir navorsing oor klimaatsverandering oor die volgende drie jaar beskikbaar stel. Die direkteur van die eenheid, dr. Ralph Clark, sê die projek word gelei deur ‘n navorsingskonsortium bestaande uit verskeie instellings, onder leiding van die Mountain Invasive Research Network. Hy verduidelik die projek is reeds onderweg in die Witsieshoek-gebied van die Maluti-Drakensberg. Navorsers wil die invloed van klimaatsverandering op houterige plantspesies in bergagtige dele oor die wêreld heen beter verstaan.