Koue toestande oor dele van Namibië voor

Koue toestande kom vanoggend oor dele van Namibië voor. Die Suid-Afrikaanse
Weerdiens het intussen ‘n vlak-vier-waarskuwing vir KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap
uitgereik. Tot en met 20-sentimeter sneeu word oor dele van albei die provinsies
verwag. Sneeu het reeds op die berge by Plettenbergbaai in die Suid-Kaap en in Ceres
in die Wes-Kaap voorgekom. In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap kan sneeustorms
dorpe en gemeenskappe van die buitewêreld afsny, want paaie en bergpasse kan
weens swaar sneeu gedwing word om te sluit.