Koue langnaweek vir Namibië

Namibiërs kan hulle gereed maak vir ‘n koue langnaweek. Volgens ‘n weervoorspeller van die Namibiese weerkantoor, Odile Kgobetsi, gaan temperature eers môreaand begin afneem, veral in die Suide. Hy sê die koue weer gaan Namibië eers teen Vrydag bereik met reën wat oor die Suidweste verwag kan word. Saterdag kan temperature onder vriespunt daal. Kgobetsi praat met Kosmos 94.1 Nuus.