Kosmos kon nie Job se skakel vind nie

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake ontken die aantygings deur Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging dat daar ‘n skakel op die regering se webtuiste is waar Chinese burgers die vordering van hulle burgerskap aansoek kan volg. Ettienne Maritz, uitvoerende direkteur in die ministerie sê daar is geen skakel vir enigiemand om hulle aansoek se vordering aanlyn te volg nie. Amupanda het toe die skakel op sy sosiale media platforms gedeel en dit wys ‘n blad in Chinees onder ‘ID Applications’. Maar, Kosmos 94.1 Nuus kon nie die blad vind as die webtuiste oopgemaak word en die skakel gesoek word nie. Die ID Applications-bladsy lyk anders as die skakel wat Amupanda gedeel het.