Kos nou duurste in 10 jaar

Voedselpryse is op die oomblik op die hoogste vlak in tien jaar. Die VN se Voedsel- en Landbou-agentskap sê pryse in Oktober het weer gestyg wat dit op die hoogste vlak sedert Julie 2011 bring. Plantaardige olies het met 9,6 persent toegeneem en grane met 3,2 persent. Plaaslik is voedsel-inflasie ook uiters hoog. In Oktober het voedsel en drank plaaslik 26,2 persent tot die inflasie-syfer bygedra en tabak 12 persent. Vleispryse is die grootste faktor in voedselpryse met hoender wat met 16 persent gestyg het, beesvleis met 13 persent, en vark met 9 persent.