Kos goedkoper as in Junie maar, 6,6% duurder as verlede jaar

Inflasiesyfers vir Julie is bekend en op die oomblik is dit 4 persent wat baie hoër is as die 2,1 persent wat in Julie 2020 gemeet is maar effe daler as die 4,1 persent wat in Junie gemeet is. Volgens IJG Sekuriteite het vervoer en voedsel die grootste bydra gelewe aan die syfers. Voedsel is effe goedkoper met ‘n daling van 0,4 persent teenoor Junie maar is steeds 6,6 persent duurder vergeleke met verlede jaar. Ten spyte van rekordoeste, is die hoë pryse vir voedsel in die land as gevolg van vleis, olies en vette, sowel as vrugte, wat uit Suid-Afrika ingevoer word. Die brandstofprys in die buurland is ook baie hoër as plaaslik wat beide vervaardigingskoste en vervoer duurder maak.