Kortsluiting dalk oorsaak van brand in Milaan-gebou

Owerhede in Italië sê hulle vermoed ‘n elektriese kortsluiting was die oorsaak toe ‘n gebou van 20 verdiepings in Milaan in ‘n brand verwoes is. Meer as 30 mense is na veiligheid gebring en sowat 20 is op die toneel vir brandinaseming behandel. Meer as 50 brandbestryders het met 15 brandweerwaens die vuur geblus, maar die gebou dreig nou om ineen te stort.