Korrupsie handel plaaslik oor magsmisbruik en voordelige aanstellings

Uitdagings met korrupsie duur voort in Okahandja. Inwoners meen steeds dat daar te veel risiko daaraan verbonde is om kontant betalings by die munisipaliteit te doen. Die dorpsraad was weer die week in die nuus met drie lede van die vorige bestuurskomitee van die munisipaliteit wat deur die Teenkorrupsie-kommissie vasgetrek is. Die voormalige voorsitter, Gideon Uwu-Khaeb en komiteelede Helmi Maruru en Hileni Iita word beskuldig van ongerymdhede met die werf en aanstelling van ‘n hoof by die munisipaliteit. Hulle het in die landdroshof op die dorp verskyn en is elk borgtog van 10 000 Namibiese dollar toegestaan. Josephine Nghituwamata, woordvoerder van die kommissie het die besonderhede van die saak.

Nghituwamata sê die meerderheid korrupsiesake het te doen met magsmisbruik en gepaardgaande, gunstige aanstellings.