Korridors is nodig vir olifante

Die Namibiese omgewingministerie sê korridors is uiters belangrik vir die bewaring van olifante, en voorkoming van konflik in Namibië. Die benutting van landskappe deur wilde diere, en menslike nedersettings, verander gereeld en veroorsaak die fragmentasie van die bevolking. Die ministerie sê dit is noodsaaklik dat die diere toegang kry tot verskillende habitatte en dus is die korridors belangrik om die gebiede te verbind. Dit sal ook toelaat dat die digtheid van die olifante nie in een gebied gekonsentreer word nie.