Korrektiewe dienste gaan appelleer teen Zuma se mediese parool-uitspraak

Die Departement van Korrektiewe Dienste in die buurland sê hy gaan appelleer teen die Appèlhof se uitspraak oor oudpresident Jacob Zuma se mediese parool. Die hof het Maandag beslis die gewese hoof van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, het verlede September onwettig toestemming gegee dat Zuma op mediese parool vrygelaat word. Die voormalige president het minder as twee maande van sy vonnis van 15 maande in die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal uitgedien. Die department se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hulle het die uitspraak noukeurig bestudeer: