Koringproduksie: daar is uitdagings maar ook navorsing

Vanaf 2010 tot 2021 het Namibië meer as ‘n 100 miljoen ton koring ter waarde van 6 miljard Namibiese dollar ingevoer. In dié tydperk is net meer as 112 000 ton koring plaaslike geproduseer. Koringproduksie het aansienlik oor die jare afgeneem met slegs 4 466 ton wat tydens vanaf 2019 tot 2020 geproduseer is. Faktore wat tot die lae produksie bygedra het, is hoë produksiekoste en ongunstige klimaatstoestande. Gilbert Mulonda, bestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, verduidelik die uitdagings en vooruitsigte van plaaslike koringproduksie aan Kosmos 94.1 Nuus.