Koringoes in SA kort nog ‘n katspoegie se reën

Graan SA is van mening dat daar nog reënval nodig is om die huidige koringoes deur te sien in die Wes-Kaap. Andries Theron van Graan SA sê net meer as 2 miljoen ton koring sal die jaar van die lande afgehaal word.