Koringboere in die VSA stoot produksie op

Amerikaanse koringboere gaan produksie opstoot en voorsieningskettingprobleme verhoed ingeval van ‘n moontlike Russiese inval in Oekraïne. Dit kan landbou-uitvoere vanaf die internasionale graan-kragreus afsny. Tydens ‘n handelsending na die Verenigde Arabiese Emirate het die Amerikaanse minister van Landbou, Tom Vilsack, gesê konflik in Oekraïne sal aan Amerikaanse boere die geleentheid bied om hulle vennote deur ‘n moeilike tyd te help. Oekraïne verskaf na raming 16-persent van die wêreld se mielie-uitvoere. Sy graanproduksie het ook gebloei oor die afgelope dekade.