Kora-uitspraak (hopelik) vandag

Die langverwagte Kora-uitspraak sal hopelik vanoggend om tien-uur deur regter Herman Oosthuizen gelewer word. Uitspraak sou verlede jaar gelewer word maar is uitgestel tot 14 Januarie, en toe weer tot vandag. Die saak, wat sedert 2016 sloer, handel oor die mislukte Kora-musiektoekennings wat die omstrede Ernest Adjovi in 2016 in Namibië sou hou. Die Namibiese Toerismeraad het 23,5 miljoen Namibiese dollar aan hom oorbetaal vir bemarking van die land. Die geld is reeds in Desember 2015 oorbetaal maar, die toekennings het nooit gebeur nie en die geld is nie, soos deur die kontrakte bepaal, terugbetaal nie.