Kora: finale betoë vandag

Finale betoë in die omstrede Kora-hofsaak word vandag voor regter Herman Oosthuizen gelewer. Die saak is deur die Namibiese Toerismeraad gebring en die raad soek die 23,5 miljoen Namibiese dollar wat hy as deposito vir bemarking van die land vir die Kora-musiektoekennings betaal het, terug, met 20 persent rente. Die toekennings sou in Maart 2016 in Namibië plaasgevind het maar dit het nooit gebeur nie. Die toekennings word deur die Nigeriese besigheidsman Ernst Adjovi en sy maatskappy Mundial besit. Die toerismeraad sê Mundial het nog geen bewyse voor die hof gebring dat hy enige reg het om die fondse te behou nie. Die regering het ‘n 6 miljoen Amerikaanse dollar ooreenkoms met Mundial vir die toekenning onderteken en ingevolge die bepalings moes 2 miljoen Amerikaanse dollar teen 11 Desember 2015 betaal word en dit is gedoen.