Kora-debakel is regering se eie skuld

Die Kora-debakel kan op die Namibiese regering blameer word. Volgens die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah moet die tipe van ooreenkomste goed deurdink word en gebaseer wees op prestasie voordat geld net oorbetaal word. Sy kommentaar volg na die hoërhof beslis het dat Ernest Adjovi se Telecom Mundial SARL 23,5 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Toerismeraad moet terugbetaal. Kamwanyah het dit so verwoord.