Koperkabel-diefstal: Telecom bied amnestie aan tot 31 Augustus

Koperdiefstal het die afgelope tyd plaaslik skerp gestyg en Telecom ervaar op die oomblik groot uitdagings met die misdaad wat sy dienslewering beïnvloed. Die maatskappy het ook reeds in middel-Junie opgehou om gebruikte koper aan skroothandelaars te verkoop in ‘n poging om die kabels uit die mark te kry. Nou het die maatskappy aangekondig dat hy tot 31 Augustus ‘n amnestie aanbied vir persone wat koper het, om dit of by die naaste polisiestasie of Telecom-kantoor af te laai sonder vervolging. Nomvula Kambinda, woordvoerder by Telecom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.