Koperkabel-diefstal is ook ‘n probleem vir Nored

Cenored is nie die enigste kragvoorsiener in Namibië wat gebuk gaan onder herhaalde gevalle van koperkabel-diefstal nie. Otjiwarongo se nuwe uitbreiding 12-woonbuurt het onlangs deurgeloop onder kabeldiewe. Volgens Cenored en Nored neem dié misdaad toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Nored se woordvoerder, Simon Lukas sê aan Kosmos 94.1 Nuus dis ‘n groot uitdaging in die industrie.