Koop Namibiese produkte om ekonomie te laat groei

Team Namibia is ‘n organisasie wat homself die mandaat gegee het om Namibiese produkte te bevorder. Dit moedig ook Namibiërs aan om plaaslike produkte te koop om die Namibiese ekonomie te laat groei. Pieter Van Niekerk van Team Namibia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit belangrik is vir Namibië om plaaslik geproduseerde produkte te ondersteun.

Hy sê wat dit vir die plaaslike ekonomie beteken as plaaslike produkte gekoop word.