Konstruksie-sektor moet ent om bedryf te red

Berigte lui dat 5 000 konstruksiewerkers ten volle ingeënt moet wees voordat die sektor kudde-immuniteit sal bereik. Volgens plaaslike media is konstruksiewerkers huiwerig om die entstof te neem en daar word ‘n beroep op die regering en privaatsektor gedoen om in te gryp. Die Konstruksie-federasie se algemene bestuurder Bärbel Kirchner sê as die pandemie nie onder beheer gebring word nie sal strenger inperkings ingestel word wat katastrofies vir die sektor sal wees. Konstruksie is die afgelope vyf jaar in ‘n resessie met ‘n jaarlikse groei van minus 41,1 persent wat in 2016 aangeteken is. Die inkrimping het verbeter met minus 11,8 persent wat in 2020 aangeteken is.