Konstruksie duur voort op Hosea Kutako, maar daar is betalings wat kort

Berigte dat konstruksiewerk op die Hosea Kutako-roete gestaak het as gevolg van wanbetaling, is nie korrek nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Pad-owerheid Conrad Lutombi sê kontrakteurs is betaal maar, daar is wel uitdagings met die betaling van konsultante. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê dit is ‘n kwessie wat aangespreek moet word.