Koning Charles koes vir eiers

Koning Charles en sy vrou, Camilla, moes koes toe hulle tydens ʼn besoek aan Noord-Engeland rakelings deur eiers getref is. Die 73-jarige monarg was tydens ʼn wandeling deur York die teiken van drie eiers wat naby hulle die grond getref het. Lyfwagte het hulle onmiddellik weggeneem. ʼn Man het geskree: “Hierdie land is gebou op die bloed van slawe” en “nie my koning nie” voor verskeie polisiebeamptes hom aangekeer het. Ander mense in die skare het in die rigting van die betoger begin dreunsing: “God save the King” en “Skaam jou!”.