Koning Charles beveel g’n meer ganslewer op koninklike spyskaarte

Buckingham-paleis het bevestig foie gras sal nie in koninklike wonings bedien word nie. Koning Charles III is glo lank reeds gekant teen die luukse gereg wat van eend- of ganslewer gemaak word. Dié ganse en eende word op gedwonge wyse gevoer en kampvegters sê dit is wreed. Die koning se huishouding het aan die groep People for the Ethical Treatment of Animals geskryf en beklemtoon foie gras word nie aangekoop of in koninklike huishoudings bedien nie.