Kompetisie reëls vir begrafnis-ondernemers in Brittanje

Die kompetisie- en markte-owerheid in Brittanje het opdrag gegee aan begrafnisondernemers en operateurs van krematoriums om standaard pryslyste op hulle webtuistes en by hulle persele aan te bring teen September. Indien hulle nie hieraan voldoen nie, kan hulle hof toe gesleep word. Die owerheid het ook beslis dat van vandag af, mag begrafnisondernemers nie hospitale en ander fasiliteite betaal om hulle aan kliënte aan te beveel.