Kommuniste Party in Eswatini wil betogings uitbrei

Die Kommuniste Party van Eswatini wil sy straatbetogings in die koninkryk verskerp en na alle dorpe uitbrei. Hulle beplan om mense uit alle dele van die samelewing te mobiliseer, insluitende by werkplekke, skole, instellings vir hoër onderwys, asook landelike en arm stedelike gemeenskappe. Die internasionale sekretaris van die party, Pius Vilakati, sê dit is die begin van die oorname van mag deur die mense.