Kommunale boer loods veldtog vir landbou, voedselsekerheid

Die noordelike kommunale boer Ileni Nandjato gryp ‘n geleentheid aan as hy hom sien. Hy het boer al reeds met groente en het ‘n gaping in die papaja-mark gesien. Hy het meer as 120 papajabome aangeplant waar hy naby Ondangwa in die Oshana-streek boer en wil al vanjaar papajas oes. Nandjato noem dit sy projek een miljoen. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hy die projek so gedoop het.

Nandjato beplan om die water van die efundja vanaf Angola doeltreffend te gebruik.