Kommoditeit van Junie is eetgerei 

Die kommoditeit vir die maand Junie volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se handelsbulletin is eetgerei. Namibië het eetgerei-produkte ter waarde van 7,2 miljoen Namibiese dollar van Suid-Afrika en China ingevoer. Altesaam 71,1 persent eetgerei is van die buurland ingevoer en 21,2 persent vanaf China.