Kommer oor wreedheid teenoor Amerikaanse veghonde

Die Kaap die Goeie Hoop DBV het met kommer gereageer op die voorval waarin inwoners van Gatesville, Kaapstad, drie Amerikaanse veghonde wreed doodgemaak en aan die brand gesteek het. Volgens berigte is ‘n jong meisie ernstige beseer toe honde haar die naweek aangeval het. Hoofinspekteur Jaco Pieterse doen ‘n beroep op die publiek om die DBV te kontak indien ‘n hond aggressief is of iemand probeer byt. Pieterse het verantwoordelike troeteldier-eienaars gevra om te verseker hul diere bly binne hul eiendom:.