Kommer oor wildtelling van 2021 in Noordweste

Nacso, die sambreelorganisasie vir Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne-bestuur, het sy wildtelling in die noordweste van Namibië vir 2021 gedoen. Kommer is uitgespreek oor die skerp afname in sekere wildspesies, veral gemsbokke en koedoes. Van al die wildsterftes in die bewaringsgebiede, verteenwoordig gemsbokke nege persent en koedoes 14 persent. Nacso beveel aan ondersoek moet ingestel word vir die moontlike impak van onwettige stropery.