Kommer oor selfmoord onder leerders wat druip

Daar is kommer oor leerders wat aan die einde van die akademiese jaar die risiko loop om selfmoord te pleeg indien hulle nie slaag nie. Dit kom gereeld in Namibië voor en nou sê die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta dat onderwysowerhede berading moet verskaf aan die leerders. Selfmoord onder die leerders is in die buurland ook ‘n bron van kommer.