Kommer oor sekuriteit in die Swart-see vir graan verskeping

Rusland se tydelike opheffing van sy deelname aan die Verenigde Nasies se bemiddelde ooreenkoms om graan en kunsmis toe te laat om Oekraïne via die Swart-see te verlaat, sal wêreldwye voedselproduksie verander – en Afrika kan waarskynlik die swaarste getref word. Suid-Afrika, en Namibië voer egter tussen 70 tot 80 persent van sy kunsmisbehoeftes van Rusland en die Oekraïne in en met vyandighede wat toeneem in die Swart-see kan die situasie lei tot verhoogde koste van voedselproduksie en verminderde uitset. Die gebied verskeep 30 persent van die wêreld se graanvoorraad. Volgens die Wêreldbank was daar reeds in September ‘n styging van 6 persent in die prys van kunsmis, wat die koste van voedselproduksie in ontwikkelende lande verder opstoot. Dit is ook nie bekend wat Rusland gaan doen wanneer die ooreenkoms op 18 November tot ‘n einde loop nie.